Katarak

Dié artikel gaan oor katarakte van die oog. Vir ander betekenisse, sien Katarak (dubbelsinnig).
Vergrote aansig van 'n katarak in 'n mens se oog.

Katarakte, 'n degeneratiewe verdikking/dofheid van die lens, is die hoofoorsaak van blindheid. Dit is behandelbaar en kan maklik by PGS-klinieke en -sentrums geïdentifiseer word, sowel as deur tuisversorgers omdat dit so opmerklik is. Operasies om katarakte te verwyder word op die vlak van sekondêre hospitale uitgevoer. Daar is gewoonlik 'n waglys. Diabete behoort 'n jaarlikse oogtoets vir die vroeë vorming van katarakte te ondergaan.

Katarakchirurgie in Bedele, Ethiopië

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by razib.in